Die Talent Agter Lilly

Biografie van Tikara Carin Groenewald – 

 

(Tikara) Carin Groenewald se musiektalent is soos die pot aan die einde van die reënboog…propvolskatte!

Sy is gebore en getoë in Welkom/Riebeeckstad in die Vrystaat en hier behaal sy haar Senior Sertifikaat en leer op gehoor elf instrumente speel. (klavier,orrel,trek-klavier, kitaar, blok-fluit, dromme, bas-kitaar, viool, bekfluitjie, klokkespel en peniefluitjie). Sy gradueer in November 1998 by C.A.M (Christian Art & Music) Skool in Lynwoodriff Pretoria. Begin Desember 1998 verhuis sy na George in die Wes-Kaap. Januarie 1999 hoor Carin op ‘n radio advertensie van ‘n groep in Kaapstad wat landswyd opsoek is na ‘n nuwe hoofsanger. Carin skakel die groep se bestuurder (Sascha Muller/Black Diamond) en hoor dat hulle reeds oor die 300 sangers getoets het en die oudisies gesluit is. Hy stel egter voor dat as sy daardie komende Saterdag in Kaapstad kan wees, sy steeds kan oudisie.

Carin arriveer in Kaapstad en slaag die oudisie. Die groep bied haar daar en dan die pos as hoofsanger aan. Negentien jaar oud, met ‘n eenrigitng-buskaartjie, ‘n paar rand in haar sak en haar geliefde klawerbord, verhuis sy twee weke na haar oudisie na Kaapstad. Met aankoms begin Carin en groep-kitaar speler Chris Acker liedjies skryf. Hulle stuur die nuwe liedjies met meer van n pop-musiek klank en Carin as hoof-sanger na BMG Africa, en die hoof van BMG Africa (Dave Thompson, ook bekend as Idol-judge) bied hulle ‘n 5jaar kontrak aan.

Die groep verander hulle naam na “Semisane” en Carin se optree naam na “Tikara”. Hulle toerdie land vol, neem hulle eerste album op (A life less strange) en word gekies om die tema-lied vir die eerste Suid-Afrikaanse “Big-Brother” te skryf en sing. Semisane se Big-brother Tema-lied enkel-snit (Life), behaal platinum status in Suid-Afrika, en wen Semisane ‘n SAMA-toekenning in 2002.

http://www.youtube.com/watch?feature=player_detailpage&v=NVaemyjET64

Die album “A life less strange” lewer talle no 1’s liedjies op plaaslike radio stasies se Treffer-lyste. (KFM, 5FM, Algoa FM en Highveld Stereo.)  http://www.last.fm/music/Semisane

Semi Sane

In 2003 laat Semisane hul tweede album vry (Room to breathe). Semisane tree op as voorganger vir internasionale sterre Westlife, Savage Garden en Shaggy met hul Suid-afrikaanse toere.

Semisane word vrygestel deur BMG Munich in Duitsland, en verkry ‘n groot aantal speeltyd op verskillende Australiaanse radio-stasies.

Tikara Carin Groenewald

 

Na baie nadenking besluit Carin in 2003 om Semisane te verlaat. Sy gee haar groep-lede ses maande kennis en verhuis na George waar sy haar man (Louie) ontmoet.  In 2005 haak hulle die knoop deur en Carin stig PlanetPlay Privaat Musiek-skool en PlanetPlay Studios  waar sy vandag nog haar liefde vir kinders en musiek uitleef deur jong talent te ontgin.

Planet Play Music Academy

 

In Oktober 2013 wen een van haar sang-studente (Johnny Apple aka Juan Appelgrein) South Africa’s got Talent. Carin beywer haar daarvoor om jong sangers/musikante/skrywers op te lei, en werk ook as komponis. Hier ontmoet sy ook die Suid-Afrikaanse liriek-skrywer Adri van Nieuwenhuizen, en word hul kinder-projek “Lilly van Liekieland” gebore

Lilly van liekieland

 

Adri van Nieuwenhuizen

Adri van Nieuwenhuizen het in haar loopbaan as liriekskrywer groot sukses behaal. Reeds in 2008 het sy ń kontrak met Select Music gesluit en is haar lied “Journey of Hope” op Romanz se CD “My hele hart” vrygestel. Suid-Afrikaanse Idol David Fourie neem Adri se treffer “ń Stukkie Son” op en Adri se lied http://buyviagraonlineshop.com oor die inspirerende mensie agter Idol Elvis Blue se naam word vrygestel op Michael Lindt se CD “Sal vir altyd bly”. In 2012 stel Select Music die temalied wat Adri vir Cancervive geskryf het, “I can survive”, vry.
Dit spreek vanself dat die musiek van Lilly van Liekieland uit ‘n goue pen kom met lirieke wat groot en klein sal inspireer.

1375784_693048417374570_56589318_n(2)

 

 

Lilly van Liekieland

Lilly (vertolk en gesing deur Tikara) is ‘n klein dogtertjie wat op ‘n sterretjie gewoon het. Lilly wou altyd vir haar maatjies op aarde sing, maar haar nootjies kon nooit so ver trek nie. Een reenerige dag, neem sy haar maaitjie Reendruppeltjie se handjie, en gly met die reenboog tot binne in Liekieland. Lilly is nou ‘n bekende pop-ster op aarde wat die land plat toer met haar veertien snit debut album, getiteld Lilly van Liekieland.